Letters from Oupa

6 Sep

A sweet letter from Spring…

Liewe Lea, Kielies en Mattis

Vandag is dit n baie lekker dag hier in Springs. Ek dink die lente is nie meer ver nie.

Ouma het vir julle niggie in Rustenburg gaan kuier. Sy behoort nou-nou terug te wees. Die afgelope week het daar n baie interessante ding hier naby Springs gebeur. n Man wat naby Groblersdal bly wou sy mak tier na n vee-arts in Springs bring sodat die tier medisyne kankry. Die man het die tier toe op n bakkie met n kappie op gelaai en toe na Springs begin ry. Maar naby Springs het die deur van die kappie oopgegaan en die tier het uitgespring sonder dat die man dit dadelik agtergekom het.

Toe die man weer kyk was die tier, wie se naam Panjo is, weg. Omdat die tier moontlik na Endicot op pad was, was Ouma en ek skrikkerig om daar te gaan stap want sou gebeur as ons skielik op die tier sou afkom!Maar Woensdag het hulle die tier in n bos naby Bronkhorstspruit gekry. Omdat hy mak is het hy glo dadelik na sy eienaar gestap en toe in die bakkie met die kappie op geklim.

Sy eienaar was natuurlik baie bly om Panjo weer te sien en het hom op sy bek gesoen.

By die huis het die tier rou vleis ge-eet en toe glo voor die TV aan die slaap geraak. Daar was baie foto s van Panjo in die koerant Beeld gewees. Julle is seker saam met almal bly dat Panjo weer by die huis is ne ?

Baie liefde en soentjies

Oupa en Ouma

Advertisements

2 Responses to “Letters from Oupa”

  1. Ingrid September 6, 2010 at 11:17 am #

    Ah and you’re probably one of the few readers that can understand it 🙂 I understand some of it only!!

  2. renettepickering September 6, 2010 at 10:48 am #

    That is so sweet and very funny!

What did you think?

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: