Correspondence from Oupa

27 Sep
Liewe Lea, Kielies, Mattie en Cleone,

Vandag skryf ons ook vir Cleone. Alhoewel sy nog te klein is om te lees en te verstaan gaan haar ma die brief bere en vir haar lees as sy groot genoeg is.

Ons land het 9 provinsies. Kaapstad is in die Wes-Kaap, Rustenburg waar Cleone bly is in Noord-Wes en Springs is in Gauteng. Die provinsie langs Gauteng is Mpumalanga. In hierdie provinsie, omtrent 400 kilometer van hier is die Kruger Wildtuin. Omtrent 120 jaar gelede het die mense van daardie tyd besluit om nie die diere wat in daardie deel van die land gebly het te jag nie maar hulle liewer op te pas sodat al die mense toe en nou die diere kan geniet en ook die Bosveld.
Julle moet onthou dat die Wildtuin in die Bosveld is. Dis heerlik warm in die winter en bloedig warm in die somer.
Die wildtuin lyk net soos die wildsplaas waar Kielies verlede jaar saam met ons gekuier het.
Dis net baie, baie groter. In die Wildtuin is daar baie bokke, leeus, olifante, buffels, luiperds, renosters, seekoeie , krokodille en baie voels.
Om te kyk dat die wild nie deur skelms geskiet word nie en om nog baie ander werk in die Wildtuin te doen is daar veldwagters. Hulle ry met bakkies in die Wildtuin rond om hulle werk te doen.
Maar hulle het nie altyd bakkies gehad om mee te ry nie. In die beginjare van die Wildtuin het hulle te perd gery omdat motorkarre toe maar pas uitgevind is en baie skaars was.
Sal jy op n perd se rug tussen leeus en ander wilde diere wil ry? Ek dink
dit is baie gevaarlik maar die veldwagters van daardie tyd moes dit maar doen want daar was nie ander vervoermiddels nie.
Eendag , in die beginjare van die Wildtuin, het n veldwagetr op sy perd se rug in die Wildtuin gery om sy werk te doen. Hy het darem ‘n geweer en n jagmes by hom gehad. Ek weet nie hoe hy sy geweer vasgehou het maar sy mes was in n skede. Die skede was vas aan sy belt. Hoe sal jy n geweer vashou as jy op n perd ry.
Die veldwagter was stoksielalleen. Net hy en sy perd. Hy was al n hele ent van die kamp af waar sy huis was toe hy n klomp leeus gewaar. Hy het maar gehoop dat hulle nie honger was en lus sou wees om sy perd op te vreet nie.
Maar ongelukkig vir die veldwagter was veral een van die leeus honger en hy bestorm toe die veldwagetr en sy perd en spring hom bo van sy perd af. Die veldwagter val toe op die grond en die leeu het hom aan sy een skouer beet en sleep hom op die grond. Hy wou hom seker gaan opvreet. Gelukkig het die veldwager kalm gebly. Sal jy kan kalm bly as n leeu jou aan die skouer beet het en jou op die grond sleep?
Met die hand wat hy kon gebruik het die veldwagter toe die mes uit sy skede getrek. Hy hou toe die mes met sy mond vas. Hoekom doen hy dit ? Sodat hy met sy hand kan voel waar die leeu
se hart klop. Toe vat hy die mes en met een geweldige hou druk hy die mes in die leeu se hart. Die leeu was dadelik dood en het die veldwagter toe gelos. Maar hy het vreeslik pyn in sy skouer gehad wat ook baie gebloei het. Gelukkig was die ander leeus nie honger nie want hulle het hom gelos en ook sy perd. Die perd het intussen teruggehardloop kamp toe.
Om weg te kom van die ander leeus het die veldwagter toe in n boom geklim .Maar hy was bang dat hy van die vreeslike pyn sou en bloed- verlies sou flou word.
Hy het hom toe met sy belt aan een van die boom se takke vasgemaak.
Toe die perd by die kanp aankom het die ander veldwagters besef dat iets ernstig moes gebeur het en het hulle dadelik na die veldwagter gaan soek. Hulle het hom toe in die boom gekry en hom gered.
Die veldwagetr se naam was Harry Wolhuter en die kamp waar hy gebly het se naam Skukuza. Die leeu is afgeslag en sy vel word in die museum by Skukuza bewaar – ook die mes waarmee hy die leeu doodgesteek het. As julle eendag Wildtuin toe gaan moet julle daarna gaan kyk. Die boom waarin Wolhuter geklim het is ook nog daar.
Wat dink julle sou gebeur het as Wolhuter nie kalm gebly het nie ?

Baie liefde en soentjies
Oupa en Ouma
Advertisements

What did you think?

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: