Fabels van Esopus

11 Nov

Aesops_Fables_unabridged_compact_discs_Blackstone.jpg

Hier op die hoeveld is dit nou regtig heerlike lente. Die bome se nuwe blaartjies het n sagte groen kleur en die vrugtebome het die pragtigste bloeisels.

Vanoggend toe ek gaan stap het ( Ouma kon nie

saamstap nie omdat sy nog nie heeltemal gesond is nie ), het ek n
sierperskeboom gesien wat 2 kleure blomme dra – rooi en pienk; en hy was vol in die blom. Dit was pragtig. Ek
wens ek kon dit vir julle gewys het.
Ons het n boek hier in die huis met die fabels van Esopus. Wat is n fabel en wie
is Esopus ? n Fabel is n storie waaruit mens iets kan leer.
Esopus het honderde jare gelede in Griekeland gebly. Dit is nie ver
van Frankryk af nie. In sy stories het hy nie baie oor mense vertel
nie, maar meesal oor diere.
Een somer, in n land waar dit baie sneeu in die winter , het n vrolike
springkaan en n klomp miere gewoon. Daar was vir die miere en die
sprinkaan baie grassies om te eet – heerlike groen grassies. Maar as
dit winter is, veral as dit sneeu, is daar nie grassies om te eet nie.
Wat dink julle moet die sprinkaan en die miere dan in die somer doen as daar baie grassies is ?

Die miere het baie hard gewerk om grassies af te kou ( hulle het mos nie
hande om dit mee af te breek nie ) en dit in hulle nes onder
die grond te gaan bere. Die springkaan het gese hulle moet nie so hard
werk nie want dis heerlike somer en dis so lekker om in die veld te
sing en te dans. Die miere het geantwoord dat hulle eers genoeg kos vir die winter moes bymekaar maak voor hulle
kon speel.
Toe kom die winter. Dit was n baie koue winter en dit het baie gesneeu en al
die gras was dood. Omdat die miere baie kos in die somer
bymekaar gemaak het, het hulle nou baie tyd gehad om te speel. Hulle
kon nie werk nie want daar was nie gras om bymekaar te maak nie.
Wat dink julle het van die arme springkaan geword? Hy het rondgeloop en by
al die ander diere kos gebedel want hy het nie kos
gehad nie en was dood van die honger. Toe gaan hy na die miere toe en
vra vir hulle ook kos. Esopus skryf in sy storie dat die miere geweier
het. Hulle het vir die sprinkaan gese hy moes in plaas van om die heel somer lank te dans en te speel ook
kos bymekaar gemaak het. Die arme springkaan het baie maer geword en
by al die diere loop en kos bedel.
Dink julle dit was reg van die miere om te weier om vir die honger
springkaan kos te gee ? Wat sou jy gedoen het? Wat dink jy wou
Esopus ons leer?


Baie liefde, drukkies en soentjies

Oupa en Ouma
Advertisements

4 Responses to “Fabels van Esopus”

  1. Roxanne June 19, 2013 at 9:45 pm #

    Hi Ingrid,
    I’d like to request permission to adapt and use this story in a school text book. Is there an email address I can send an official request to?

    • Ingrid June 22, 2013 at 8:58 am #

      Hi Roxanne,

      I’m not sure about the rights of this Fabel. Your best bet is to try and contact the publishing house and see what kind of copywrites are still in action.
      As for the story on the side, it’s only a letter from my kids’ grandfather adapted for their sake 🙂

  2. danielle May 14, 2011 at 5:47 pm #

    i think i like this the thing is im doing a fabel 4 afrikaans and i cant find one on google or anywhere yet so if u could please help me i would really appreciate it thanx alot bye…ps im kinda good at afrikaans

    • Ingrid May 16, 2011 at 2:04 pm #

      Hi Dani,

      Thanks for your comment. This story is written by my dad in law in a form of a letter to my kids. I think he uses the Esop fables in the midst of his letter. To be honest I don’t speak very good afrikaans so I’m not sure of everything that is written. Feel free to use what you need from it for your story in Afrikaans.
      I’m pretty sure that if you search for more fables from Esop on the internet, you’ll find one. Good luck 🙂

What did you think?

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: